CANSA Vrouegesondheid Borskanker 2014

54 %
46 %
Information about CANSA Vrouegesondheid Borskanker 2014
Health & Medicine

Published on September 30, 2014

Author: CancerAssociationSA

Source: slideshare.net

Description

KANSA beklemtoon die belangrikheid van sifting en die vroeë opsporing van borskanker as deel van hul Vrouegesondheidsveldtog hierdie Oktober. http://www.cansa.org.za/womens-health/

Afgesien van nie-melanoom velkanker, is borskanker die mees algemene kanker in vroue van alle rasse, met ‘n leeftyd risiko van 1 in 35 in Suid-Afrika volgens die 2007 Nasionale Kankerregister.

Ons moedig alle vroue aan om gereelde maandelikse bors-selfondersoeke te doen. Weet hoe jou borste lyk en voel – enige veranderinge wat jy waarneem moet met jou gesondheidspraktisyn bespreek word. Dit is ook baie belangrik om elke jaar vanaf die ouderdom van 40 vir ‘n mammogram te gaan

Borskanker is die mees algemene kanker in vroue van alle rasse en etniese groepe

* *SA Statistiek soos per Nasionale Kankerregister (NKR) 2007

Waarskuwingstekens van borskanker • Vroeë borskanker toon gewoonlik nie simptome nie, maar soos die gewas groter word, kan die bors anders begin lyk of voel Tipiese veranderinge sluit in: • Rimpeling in die borsvel • 'n Knop in die bors of armholte • 'n Verandering in die vel rondom die tepel • Kuiltjievorming /inkering van die tepel • Buitengewone vergroting van een bors • Een bors is buitengewoon laer as die ander. Tepels op verskillende vlakke • 'n Vergroting van die kliere • Buitengewone swelsel in die armholte View slide

Vroeë opsporing van borskanker Bors-selfondersoeke (BSO) Bors-selfondersoeke (BSO) behoort elke maand tydens ovulasie gedoen te word (verkieslik op dieselfde tyd van die dag) Bespreek enige veranderinge wat jy opmerk met jou gesondheidspraktisyn Wees bewus van hoe jou borste lyk en voel Knopperige klierweefsel is 'n normale deel van borsweefsel Gereelde bors-selfondersoeke gee waarskuwing van enige veranderinge View slide

‘n Bors-selfondersoek is so maklik soos 1-2-3 1. Voor die spieël • Voor 'n spieëI, kyk vir enige veranderinge in die normale voorkoms en hoe jou borste voel, soos klein kuiltjies, verskil in grootte of afskeiding van die tepel • Ondersoek op vier maniere: arms langs die sye; arms bokant die kop; hande ferm op die heupe geplaas en in ‘n vooroor gebukkende posisie 2. Lê plat • Lê op jou rug met ‘n kussing onder jou regterskouer en jou regterhand onder jou kop • Maak klein, ferm sirkelbewegings met die vier vingers van jou linkerhand in 'n op-en-af patroon oor die hele bors area, onder die arms en op tot by die skouer • Herhaal met die regterhand op die linker bors 3. In die bad • Met jou regterarm gelig, ondersoek jou regterbors met ‘n seperige linkerhand en plat vingers. Gebruik dieselfde metode wat by stap 2 (‘Lê plat’) beskryf word • Herhaal aan die ander kant

As jy ’n verandering in jou borste of armholtes opmerk, vra jou mediese praktisyn om ‘n kliniese borsondersoek (KBO) te doen Vroeë opsporing van borskanker Kliniese Borsondersoek (KBO) ‘n Kliniese Borsondersoek (KBO) is ‘n visuele en tasbare ondersoek van die hele bors – vanaf die sleutelbeen tot die bralyn en van die armholtes tot by die borsbeen As jou roetine mediese ondersoek nie 'n KBO deur 'n mediese praktisyn insluit nie, vra daarvoor Vroue 40 of ouer behoort elke jaar vir 'n mammogram verwys te word

Vroeë opsporing van borskanker Mammogram • ‘n Mammogram is 'n hulpmiddel om vroeë borskanker op te spoor in vroue wat geen simptome ervaar nie • Mammografie speel 'n sentrale rol in die vroeë opsporing van borskanker, omdat dit die veranderinge in die bors aanwys wys tot twee jaar voor 'n pasiënt of dokter dit kan voel Mammogram in samewerking met die Suid-Afrikaanse Radiologiese Vereniging • KANSA en die Radiologiese Vereniging van Suid-Afrika (RVSA), deur die kantoor van dr Richard Tuft, uitvoerende direkteur van die RSSA, is in samewerking - gedurende die maand van Oktober, sal hulle 'n spesiale mammografie aanbod bied. Dit behels die voorsiening van toegang tot 'n mammogram in al die RSSA geaffilieërde mammografie klinieke dwarsoor die land teen 'n verlaagde prys: (http://www.cansa.org.za/rssa-offers-reduced-fee-on-mammograms-in-october/)

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien... Jy ouer as 50 is • Die kans om borskanker te kry verhoog namate jy ouer word • Alhoewel die meeste vroue ouer as 50 is wanneer hulle gediagnoseer word, word vroue in hulle twintigs en dertigs toenemend met borskanker gediagnoseer Jy 'n gesinslid met borskanker het • Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry as jou ouma, ma, suster of dogter bors- of ovariese kanker gehad het • Jou risiko verhoog verder as hulle dit voor 50-jarige ouderdom gehad het • Vra jou mediese praktisyn aangaande genetiese raadgewing

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien... Jy 'n persoonlike geskiedenis van kanker het en daarvoor behandel is • Vroue wat voor die ouderdom van 30 hoë dosisse chemoterapie, of bestraling van die borskas (insluitende die borste) ontvang het, het ‘n groter kans om borskanker te kry • Studies dui daarop dat hoe jonger 'n vrou is wanneer sy hierdie behandeling ondergaan, hoe groter is haar kanse om later borskanker te kry Jou borsweefsel baie dig is • Vroue wie se mammogramme toon dat hul borsweefsel digter is as ander vroue van dieselfde ouderdom, het 'n groter kans om borskanker te kry • Ultraklank mag benodig word aangesien digte borsweefsel dit moeilik maak om moontlike gewasse op te spoor

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien... Geboorte • Vroue wat nooit kinders gehad het nie het 'n groter kans om borskanker te kry • ‘n Moontlike verklaring hiervoor is dat swangerskappe die aantal menstruele siklusse in ‘n vrou se lewe verminder Jy tans geboortebeperkingspille (mondelike voorbehoedmiddels) reeds vir etlike jare gebruik – of tot onlangs gebruik het • Studies toon dat vroue wat mondelike voorbehoedmiddels gebruik 'n groter kans het om borskanker te kry as vroue wat dit nooit gebruik het nie • Die risiko verlaag as jy dit vir meer as 10 jaar ophou gebruik het

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien... Jy post-menopousaal is en gekombineerde hormoonvervangings-terapie (HVT) gebruik (wat estrogeen en progestoroon bevat) • Kombinasie HVT verhoog ook die kanse dat borskanker eers in ‘n gevorderde stadium opgespoor word - moontlik omdat dit borsweefsel laat verdig wat mammogramme minder effektief maak • Hoër dosisse kombinasie HVT verhoog borskankerrisiko meer as laer dosis kombinasie HVT • Vroue wat kombinasie HVT gebruik se risiko vir borskanker verhoog aansienlik binne die eerste 2 tot 3 jaar van gebruik • Vroue wat kombinasie HVT vir minstens 5 jaar ophou gebruik het, se risiko vir borskanker verlaag

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien... Jy meer as een standaard sopie alkohol per dag drink • Alkohol verhoog beslis vroue se kanse om borskanker te kry • Die risiko verhoog namate meer alkohol gebruik word • Diegene wat drie standaard alkoholiese drankies 'n week drink, het 'n 15% hoër risiko as vroue wat nie alkohol drink nie • Oormatige gebruik van alkohol verhoog ook die risiko om mond-, keel-, slukderm- en lewerkankers te ontwikkel

Phakamisa KANSA is een van die stigterslede van 'n werklik unieke vrywilliger projek genaamd Phakamisa, wat om 'op te hef' in isiZulu en ‘verhoog’ in isiXhosa beteken Die Phakamisa projek het ten doel om: • Vroulike vrywilligers met kennis van borsgesondheid en borskanker te bemagtig • Hulle in staat stel om borskankerpasiënte na fasiliteite vir behandeling te lei, help en ondersteun • Om vrywilligers in staat stel om die pad te stap met borskankerpasiënte • Vestiging van 'n doeltreffende verwysingstelsel en opvolg bestuur van borskankerpasiënte • Bydra tot die ontwikkeling van vaardighede (geakkrediteerde opleiding en professionele ontwikkelingskursusse vir verskaffers van gesondheidsorg en vrywilligers in die borskanker veld versamel krediete vir werkswinkels bygewoon)

Onthou... Jy kan jou kanse om borskanker te kry, verlaag deur 'n gebalanseerde lewenstyl te handhaaf en (kankerveroorsakende stowwe) te vermy Alhoewel baie skaars, kan mans ook borskanker ontwikkel Die meeste vroue met verskeie risikofaktore ontwikkel nooit borskanker nie deur omgewings-karsinogene Vroue wat vir minstens 18 maande Wees fisies aktief, waak teen oorgewig en beperk jou alkoholinname borsvoed, kan hul (en hul babas) se risiko verder verlaag

Wat doen KANSA om te help? KANSA het Mobiele Gesondheidsklinieke wat na afgeleë gebiede in Suid-Afrika reis om mense wat andersins nie toegang tot siftingstoetse het nie, te bereik Dit sluit in borsondersoeke, Pap-smeer siftingstoetse vir servikale kanker, sowel as ander gesondheidstoetse soos cholesterol Ons help deur seker te maak dat Suid- Afrikaanse vroue toegang het tot Kliniese Borsondersoeke (KBO) wat potensieël hul lewens kan red

Wat doen KANSA om te help? • Limfedeembehandeling • Limfkliere en –vate word somtyds tydens kankerchirurgie verwyder, wat die risiko vir infeksie verhoog • As die oorblywende limfvate nie genoegsaam vloeistowwe kan dreineer nie, bou daar 'n oormaat vloeistof op en veroorsaak swelsel of limfedeem • Radioterapie kan ook limfklierskade veroorsaak

Wat doen KANSA om te help? • Verskeie KANSA Sorgsentra bied limfedeembehandeling aan * • Terapeute (wat spesiale opleiding in die hantering van limfedeem ondergaan het), Gebruik volledige Ledigingsterapie (VLT) om hierdie simptome by kankerpasiënte te verlig • VLT-behandeling sluit in limfdreinering per hand, drukverbande, spesiale oefeninge en vel- en naelversorging * Neem asseblief kennis dat limfedeembehandeling slegs beskikbaar is by 'n paar van die KANSA Sorgsentra (sien die webwerf vir besonderhede - www.cansa.org.za)

Wat doen KANSA om te help? Pruike • Kankerbehandeling lei dikwels tot haarverlies. Vra jou haarkapper om jou pruik (wat by ons Sorgsentra gehuur of gekoop kan word) na jou behoefte te stileer Borsprosteses • Borsprosteses word by ons Sorgsentra te koop aangebied, waar personeel en vrywilligers jou met kundige raad en advies kan bedien – sommige Sorgsentra verkoop ook onderklere wat saam met prosteses gedra kan word

Wat doen KANSA om te help? SureTouch • KANSA is ‘n pionier van die nuutste tegnologie vir veilige borsondersoeke • Dit is nie 'n diagnostiese hulpmiddel nie, maar word gebruik vir vooraf-siftingstoetse • Ondersoek en geverifieer deur KANSA, word die SureTouch siftingstoestel na stedelike, voorstedelike en landelike gemeenskappe regoor die land geneem, om sodoende maklike en veilige borsondersoeke beskikbaar te stel Kontak asseblief die KANSA Sorgsentra vir meer inligting (sien die webwerf vir besonderhede - www.cansa.org.za)

KANSA het die afgelope jaar... • 15 275 Kliniese Borsondersoeke & SureTouch ondersoeke gefasiliteer om knoppe in die bors op te spoor en 'n bykomende 2 007 in vennootskap met die Departement van Gesondheid • Spesialisondersteuning aan sowat 335 limfedeempasiënte gebied

KANSA het die afgelope jaar... • Ondersteuning aan 6 203 individuele kankerpasiënte verleen deur middel van ons 110 ondersteuningsgroepe en met behulp van ons 2 611 opgeleide sorg- en ondersteuningsvrywilligers • Ongeveer 1 055 pasiënte elke maand besoek en ondersteun by KANSA Sorgsentra en onkologie-klinieke • Tuisversorging gefasiliteer vir 13 397 pasiënte • Mediese hulptoerusting aan 4 320 mense beskikbaar gestel

Kliniese borsondersoeke word landswyd by KANSA se Mobiele Gesondheidsklinieke of Sorgsentra gedoen

Een van KANSA se Mobiele Gesondheids-klinieke skep bewustheid en doen gratis siftingstoetse in die gemeenskap

KANSA skep bewustheid en onderrig aan die publiek

Om KANSA te help om ons kankersiftingsprogramme uit te brei, oorweeg dit asseblief om 'n skenking by enige van ons KANSA Sorgsentra landswyd te maak

Kyk ons Videos Aartsbiskop Tutu het ‘n boodskap vir jou: http://youtu.be/CTeis0HRXXk KANSA Sorg en Ondersteuning: http://youtu.be/swNltOAZSwE KANSA Sifting: http://youtu.be/Hfq5z3MtSz4

Kontak ons… Skakel ons tolvry 0800 22 66 22, of e-pos info@cansa.org.za Teken in op ons KANSA Nasionale Facebook-blad: CANSA The Cancer Association of South Africa As jy ‘n kankeroorwinnaar is, besoek asseblief ons Facebook blad ter ondersteuning van kankeroorwinnaars: Champions of Hope - CANSA Survivors Word ook deel van ons Twitter-blad: @CANSA Besoek ons op Pinterest: http://pinterest.com/cansa/ Kyk al ons videos op YouTube: http://www.youtube.com/user/can1000sa

Disclaimer: Whilst the Cancer Association of South Africa (CANSA) has taken every precaution in compiling this presentation, neither it, nor any contributor(s) to this presentation can be held responsible for any action (or the lack thereof) taken by any person or organisation wherever they shall be based, as a result, direct or otherwise, of information contained in, or accessed through, this presentation.

Add a comment

Related presentations

Related pages

CANSA Vrouegesondheid Borskanker 2014 - Health & Medicine

CANSA Vrouegesondheid - Borskanker Breast cancer is the most common cancer affecting South African women – 1 in 33 women in South Africa will be ...
Read more

Borskanker is die mees - | CANSA – The Cancer ...

Waarskuwingstekens van borskanker • Vroeë borskanker toon gewoonlik nie simptome nie, maar soos die gewas groter word, kan die bors anders
Read more

» Bewusmaking Vrouegesondheid – Leipoldtville | CANSA ...

Bewusmaking Vrouegesondheid ... vroue toegespreek oor vroeë opsporing van borskanker en die voorkoming van ... 20 August 2014 under CANSA Malmesbury ...
Read more

CANSA Gebalanseerde Lewenstyl 2014 - Health & Medicine

CANSA Gebalanseerde Lewenstyl 2014. by cansa-the-cancer-association-of-south-africa. on Jun 26, 2015. ... CANSA Vrouegesondheid Borskanker 2014 1.
Read more

CANSA - The Cancer Association of South Africa

CANSA invites all women to take ... cervical cancer warning signs ... to 10 years in schools in poor resource communities as of 2014.
Read more

CANSA Relay for life Randfontein

CANSA Relay for life Randfontein is on Facebook. To connect with CANSA Relay for life Randfontein, sign up for Facebook today. Sign Up Log In.
Read more

CANSA Parys

CANSA Parys, Parys. 1,915 likes ... CANSA advises that to reduce the risk of cancer, ... 2014. Highlights All Stories. See More Stories.
Read more

My lewe met borskanker | Huisgenoot

2014 DDS-tydskrif; Pasmaats; Vermaak; Wen ... NÁ HAAR eie stryd teen borskanker reik Wilma ... stuur ‘n e-pos na info@cansa.org.za of gaan na die ...
Read more