2009-05-10

52 %
48 %
Information about 2009-05-10
Spiritual-Inspirational

Published on May 10, 2009

Author: GKL_user

Source: authorstream.com

Slide 2: Lied 454:1 Vader, ons eer U,ons loof U, ons aanbid U.U wat heel die skepping onderhou,U gee son en reën, ons ontvang u seën.Heel die skepping wentel om u trou. Slide 3: L 454:2 Jesus, ons eer U,ons loof U, ons aanbid U.Ons is u gemeente hier tesaam.Hoor ons as ons sing,U ons loflied bring.Ons, u vrygekooptes, prys u Naam. Slide 4: L 454:3 Trooster, ons eer U,ons loof U, ons aanbid U.Heil'ge Gees, ons is met U gedoop.U wat rig en lei,staan ons altyd by.U versterk ons gees, U gee ons hoop. Slide 6: Lied 425:1 Kyk die Heer het opgestaan - Hallelujakyk die graf het oopgegaan - HallelujaChristus het vir ons gesterf - Hallelujalewe deur sy dood verwerf - Halleluja Slide 7: L 425:2 Kyk die Heer het opgevaar - HallelujaHy is by die hemelskaar - HallelujaHy heers op die hoogste troon - Hallelujadaar is Hy met eer gekroon - Halleluja Slide 8: L 425:3 Eenmaal sal ons by Hom wees - Hallelujadan vier ons vir ewig fees - HallelujaOns sal voor Hom sing en juig - HallelujaHom vir ewig dank betuig - Halleluja Slide 9: L 425:4 Kom laat ons sy Naam besing - HallelujaHom ons lofbetuigings bring - HallelujaLaat ons met ontsag Hom noem –HallelujaHom met vreugdesange roem - Halleluja Slide 10: Lied 485:1 O Heer, u laaste woordedigby Jerusalem,kom deur die loop van eeuesoos met u eie stem: Slide 11: L 485:1 vervolg "Aan My, wat dood oorwin het,is alle mag gegee;die heil wat Ek gebring hetgaan deel dit verder mee!" Slide 12: L 485:2 O Heer, u laaste woordeas eerste sendeling,het oor die hele wêreldbevrydend uitgekring: Slide 13: L 485:2 vervolg "Gaan oral en verkondig,deur lewe, woord en doop,vergifnis van die sonde,verlossing uit die dood." Slide 14: L 485:3 Maak deur u laaste opdragwat soveel vreugde bring,ons arbeid tot 'n seën;laat liefde ons ook dring. Slide 15: L 485:3 vervolg Bring mense tot bekering,wil u gemeente bou.En laat ons, Heer, u leringvan harte onderhou. Slide 16: Offergawe Slide 18: Psalm 139 1VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid. Here, U deurgrond en ken my. 2U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. 3U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. 4Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U, Here, U ken dit geheel en al. Slide 19: Psalm 139 5U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my. 6OM DIT TE BEGRYP, IS TE WONDERBAAR VIR MY, TE HOOG: EK KAN DAAR NIE BY NIE. Slide 20: Psalm 139 7Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig? 8Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! 9Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, 10ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou. Slide 21: Psalm 139 11En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, 12dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig. Slide 22: Psalm 139 13Want Ú het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. 14EK LOOF U, OMDAT EK SO VREESLIK WONDERBAAR IS; WONDERBAAR IS U WERKE! EN MY SIEL WEET DIT ALTE GOED. 15My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. Slide 23: Psalm 139 16U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. 17HOE KOSBAAR IS DAN VIR MY U GEDAGTES, O GOD! HOE GEWELDIG IS HULLE VOLLE SOM NIE! 18WIL EK HULLE TEL, HULLE IS MEER AS DIE SAND; WORD EK WAKKER, DAN IS EK NOG BY U. Slide 24: Psalm 139 19o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg! 20Hulle wat bose planne teen U smeë, u Naam ydellik verhef—u teëstanders! 21Here, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ’n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? 22Ek haat hulle met ’n volkome haat; vyande is hulle vir my! Slide 25: Psalm 139 23Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; 24en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! Slide 26: Lied 292:1 My enigste troos in lewe en doodis dat ek aan Jesus Christus behoort.Met sy kosbare bloed het Hy my vrygekoopdis my anker, my vaste hoop. Slide 27: L 292:1 vervolg Ek behoort aan die Here.Niks sal my ooit van Hom kan skei.Met sy kosbare bloed het Hy my vrygekoopdis my anker, my vaste hoop. Slide 28: L 292:2 Die doop is die seël dat die Heilige Geesmy ‘n kind van God, die Vader laat wees.Sy onfeilbare Woord is die gids wat ons lei; Slide 29: L 292:2 vervolg deur sy liefde bewaar Hy my.Ek behoort aan die Here.Niks sal my ooit van Hom kan skei.Sy onfeilbare Woord is die gids wat ons lei; deur sy liefde bewaar Hy my. Slide 30: At the baptisms and dedications of infants, the sheer wonder of infant life upstages the entire adult world. The glory that radiates from the newborn draws even bystanders into praise. In the very act of holding an infant in the sacrament of baptism or the service of dedication, the pastor, though many times larger, stronger, and wiser, is shadowed by the brightness of the babe. (Shelley, M) Slide 31: Psalm 139:1 O, Here, U ken my volkomeU sien tot in my wesensgrond.U toets my hart, lees my gedagtevoor daar 'n woord kom uit my mond.Waar ek my ook al wend of keer,U is voortdurend by my, Heer. Slide 32: P 139:2 Kon ek op vlerke my begewena uiterstes van die heelal,ek sal U teëkom in die sfere,ook in die diepste aardse dal.Die donker hou vir U niks dig:dis soos die dag en stralend lig. Slide 33: P 139:3 Ook was ek nooit vir U verborge,maar altyd voor U oop en bloot:U het my meesterlik geskapein die geheime moederskoot.U sluit vanaf my vrugbeginmy met u troue liefde in. Slide 34: Amen!

Add a comment

Related presentations

Related pages

2009_05_10 - Röthaer Sportverein – der vielseitige ...

Zur Jahreshauptversammlung und Vorstandswahl hatten sich 60 Mitglieder und einige Gäste eingefunden, darunter u. a. der Bürgermeister Stefan Eichhorn und ...
Read more

Fotos - 2009-05-10 - Gladbach : Schalke - Gladbach

Zum Inhalt wechseln; Direkt zur Hauptnavigation und Anmeldung; Direkt zu den zusätzlichen Informationen; Nav Ansichtssuche Navigation
Read more

Linux | Hardware Erkennung in Ubuntu - noqqe.de

2009-05-10. Ich muss echt sagen das ich richtig beeindruckt bin. Hab etwas anspruchsvollere Geräte an meinem Jaunty 9.04 hängen und die werden auch noch ...
Read more

Tagebuch 2009-05-10 Teil 1 – Vespa-T5.org

Die Nummer-Eins Seite zur Vespa PX125 T5 - Informationen, Elektik, Mechanik, Bilder und mehr...
Read more

2009_05_10

10.05.2009 Mein persönliches Saisonfinale lautete SF Ostinghausen gegen GW Ostönnen in der Kreisliga A Soest. Saisonfinale deswegen, weil es das letzte ...
Read more

2009_05_10 Muttertag | Kirchengemeinden Schwann und ...

Anspiel „Jesus segnet die Kinder“ nach Mk 10,13-16 (Barbara Cratzius, Kinder im Kirchenjahr, Brunnen, 70ff) Sprecher, fünf Frauen, Andreas, Petrus ...
Read more

2009 Mai 10 | Sorben Blog

Ministerpräsident Stanislaw Tillich hat sich heute erneut dafür ausgesprochen, am 4. Juni 2009 zur Ministerpräsidentenkonferenz die drei Bund-Länder ...
Read more

Hiscores für den 10. Mai 2009

2009-05-10 21:22: 26: gantenbein2: 5:37: 5:37: 0: 0: 0: 2009-05-10 14:05: 27: sasa: 5:38: 5:38: 0: 0: 0: 2014-03-25 04:49: 28: andreas: 5:38: 5:38: 0: 0: 0 ...
Read more

Film 2009 05 10 - YouTube

Bendu Apparao RMP Full Length Movie Parts :05/10 | Allari Naresh |Kamna Jatmalani - Duration: 16:03. Suresh Productions 10,506 views
Read more